top of page

[Afrikaans] Psalm 14

00:00 / 01:46

Verse 1

Vermeetle dwaas wat hoogwys spot, sê in sy hart: ’Daar is geen God.’ Hul dade is afgryslik, sleg; geeneen wat goed doen in sy weg.

Verse 2

God het die mens se werk bekyk, hoe dit vanuit die hemel lyk, of Hy ook by die mensekind verstand mét ware Godsvrees vind.

Verse 3

Maar almal het tot groter kwaad in hul ontaarding God verlaat. Van almal is die dade sleg, geeneen wat goed doen in sy weg.

Verse 4

Is daar dan by die sondaarskind, hul wat my volk soos brood verslind, geen kennis van die waarheid meer, dat hulle God nie soek en eer?

Verse 5

Maar skielik het hul skrik gekom: God slaan hul deur sy oordeel stom. Maar oor sy volk, tot spot gemaak, het Hy regverdiglik gewaak!

Verse 6

Hy is 'n rots om na te vlug vir wie, ellendig, tot Hom sug. Mag die gebede nooit verstom: ’Laat Israels heil uit Sion kom!’

Verse 7

As Israels God in hul ellend sy volk se lotgeval wil wend, sal Jakob jubel, bly van gees, en Israel sal vrolik wees.

bottom of page