
Verse 1
Uit dieptes, gans verlore, van redding ver vandaan, waar hoop se laaste spore in wanhoop ondergaan; uit diep van donker nagte roep ek, o HERE, hoor, en laat my jammerklagte tog opklim in u oor!
Verse 2
As U, o HEER, die sonde na reg wou gadeslaan, wie sou een enk'le stonde34 voor U, o HEER, bestaan? Maar nee, daar is vergewing altyd by U gewees; daarom word U met bewing reg kinderlik gevrees.
Verse 3
Soos een wat op die mure as wagter uitgestel, gedurigdeur die ure met sy gedagte tel – só wag my siel, en sterker, gedurig op die HEER, tot Hy, die Ligbewerker, die nag in daeraad keer.
Verse 4
Hoop, Israel in jou klagte; vertrou, o volk, wat treur; sy guns verduur die nagte, sy heil breek eind'lik deur. Dan skyn Gods lig van vrede: En Hy maak Israel vry van ongeregtighede. HEER, doen ook so aan my!