top of page

Verse 1
Ek slaan my oë bergwaarts heen en staar die ure óm, tot my verlossing kom. My hulp is van die HEER alleen. Hy, oor my lot bewoë, is eindloos in vermoë.
Verse 2
Bedreig gevaar jou reispad ooit – Hy is dit wat jou voet vir wankeling behoed. Hy, Israels wagter, sluimer nooit. Die HEER is jou ontfermer, jou skadu en beskermer.
Verse 3
Die son wat bo jou trekpad staan, sal jou nie steek bedags, en ook die maan nie snags. Die HEER sal oral met jou gaan. Hy, Israels ontfermer, is altyd jou beskermer.
Verse 4
Die HEER se oog sal oor jou gaan; in onheil en gevaar sal Hy jou siel bewaar. Wanneer jy uit of in mag gaan – Hy, Israels ontfermer, is ewig jou beskermer.
bottom of page